Wie is LigStraal

LigStraal is nie ’n groot besigheid of span nie… dis net ek.
’n Gewone ma met twee woelige jong kinders, ’n groot liefde vir God se Woord, en ’n hart wat brand om dit eenvoudiger en meer toeganklik te maak vir ander.

Agter die skerms lyk dit nie altyd perfek nie – dis laat aande, vinnige notas tussen kinders se roetine, en baie gebed vir wysheid om elke Bybel opsomming en one-pager reg te doen. Dit is n passieprojek wat vanuit my eie huiskantoor (en dikwels die kombuistafel!)  gebore is. Maar dis presies hier waar LigStraal gebou word… een stuk op ’n slag.

My man is my grootste ondersteuning. Sonder hom sou ek nie die tyd, spasie en aanmoediging gehad het om hierdie pad te stap nie. Hy help dra waar ek nie kan nie—en glo saam met my in wat LigStraal kan wees.

LigStraal het begin uit my eie behoefte:
Om die Bybel beter te verstaan, dit prakties te maak, en nie oorweldig te voel nie. Ek het begin om opsommings vir myself te maak… en toe besef: dalk kan dit ander ook help.

Vandag bou ek steeds alles soos ek gaan—hoofstuk vir hoofstuk, boek vir boek. Dis nie “klaar” nie, en dit hoef nie te wees nie. Dis ’n reis

En die mooiste deel?
Die boodskappe wat ek van julle ontvang.

Wanneer iemand sê:
“Dit help my regtig.”
of
“Ek kan nie wag vir die volgende een nie”

—dan weet ek: dit gaan nie oor my nie. Dit gaan oor God se Woord wat mense raak.

LigStraal is nie perfek nie.
Maar dit is eg.
En dit is gebou met liefde, geloof… en baie genade.

Dankie dat jy deel is van hierdie pad saam met my 

”U woord is die lamp wat my die weg wys, 

die lig op my pad.” – Psalm 119:105